Lena Meyer-Landrut

Lena Meyer-Landrut
Lena in Oslo
Agtergrondinligting
Gebore23 Mei 1991 (1991-05-23)
Hannover, Duitsland
GenresPop
Beroep(e)Sangeres
InstrumenteStem
Jare aktief2010 — hede
EtiketteUSFO, Universal
Webwerfhttp://www.lena-meyer-landrut.de

Lena Meyer-Landrut (Hannover, 23 Mei 1991), ook bekend onder haar verhoognaam Lena, is 'n Duitse sangeres. Sy het die 55ste Eurovision-sangfees in 2010, wat in die Noorse hoofstad Oslo gehou is, met haar lied Satellite vir Duitsland gewen.

Lena het met drie liedjies aan die nasionale finale rondte van die Eurovision-sangfees deelgeneem en 'n rekord in haar tuisland behaal nadat sy met al drie liedjies onder die top-vyf van die Duitse trefferlys was. Satellite het in April 2010 vir twee weke die nommer-1-posisie bereik[1] en drievoudige goud en platinum gehaal.[2] Ook haar eerste album, My Cassette Player, wat in Mei 2010 vrygestel is, het onmiddellik die nommer-1-posisie in Duitsland se album-trefferlys bereik.

  1. "www.musicline.de: Lena". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 September 2012. Besoek op 29 Mei 2010.
  2. www.musikindustrie.de/Gold-Platin-Datenbank

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search